Na aanleiding van ons stigtingsvergadering gehou op 24 Julie 2013 te Table Mountain Guest House, wil ons probeer om van nou af hierdie "blog" as kommunikasie lyn te gebruik. Enige "rides" kan aan my of Elfriede Wolfaardt per epos / sms / Whatsapp gegee word en ons sal sorg dat dit dadelik gepost word op hierdie forum. Al wat elkeen moet doen is om na die skakel "follow by email" te gaan en die stappe te voltooi.
Enige vergaderings, races, gewone rides en enige algemene kommunikasie sal hier gepost word. Die bestuur wat by gisteraand se vergadering verkies is:
Jaco Geldenhuys (Voorsitter) - jacog@nexusag.net
Carl Malherbe (Onder-Voorsitter) - svm@mweb.co.za
Elfriede Wolfaardt - ewolfaardt@telkomsa.net
Ons wil graag probeer om fietsry in ons nabye omgewing te bevorder. Maniere hoe ons dit kan regkry is deur 'n klub soos gisteraand "herstig" met grondeienaars te kommunikeer en fietsry in die gemeenskap te bemark. Ons moet almal wat ons ken wat ry nooi na ons geleenthede / byeenkomste. Ons sal ekstra lede koöpteer op die bestuur wat na spesifieke aksies sal omsien.
Kom gerus met voorstelle en dan maak ons hierdie ding werk! Gaan lees ook asb http://jaco-hildegarde.blogspot.com/2013/06/die-klipkop.html. Dit is sommer bietjie inligting oor die Klipkop vir wie dit dalk nog nie gery het nie en bietjie verdwaal!
Groete,
Jaco Geldenhuys
Kom gerus met voorstelle en dan maak ons hierdie ding werk! Gaan lees ook asb http://jaco-hildegarde.blogspot.com/2013/06/die-klipkop.html. Dit is sommer bietjie inligting oor die Klipkop vir wie dit dalk nog nie gery het nie en bietjie verdwaal!
Groete,
Jaco Geldenhuys
No comments:
Post a Comment